Posted by: Janah on: 05/01/2010
Kersfees en Nuwe Jaar het ek in Onrus saam met die BF en sy familie deurgebring. Aangesien ek nog tegnies gewerk het kon ek slegs kortliks oor die naweke ontsnap van die grepe van die stad. Hier volg ‘n paar kiekies wat ek geneem het.
Soos dit goeie Afrikaners betaam het ons ook gedurende die feeste die vuurtjie aangesteek en tjoppies op die kole warm gemaak.

Behalwe vir die gebruiklike braaitjie het ons elke dag die voormiddag verwelkom met tee en koekies terwyl ons rustig na die see getuur en dink het oor dit wat kom en dit wat reeds verby is.
Die natuur in Onrus is vergryplik mooi en ek het gereeld my kamera op die vertes gemik. Ek is spyt dat ek nie vir hierdie kosbare landskappe filters gehad het om die kontras tussen die lig en die voorgrond te verminder nie, maar ek dink dit het steeds nie te sleg uit gekom nie.




Sterkte vir 2010 almal, ek weet ek is verskriklik opgewonde oor wat die jaar gaan behels!
07/01/2010 at 4:34 am
What a Camera and photographer!!